
=====================================================================
Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Nuwe toevoeging tot woordeboeklys

KERNWOORDEBOEK is die jongste toevoeging tot die bestaande lys wat die gesaghebbende HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse 
Taal) en die elHAT (Die Elektroniese Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) insluit.

Die kernwoordeskat van Afrikaans - di woorde wat die algemeenste in spraak en op skrif tegekom word - word in hierdie nuwe woordeboek 
verklaar.

Die skrywer, prof. F.F. Odendal, se agtergrond as woordeboekmaker is onberispelik. Hy was o.m. dertig jaar lank verbonde aan die 
Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan veertien jaar as voorsitter. Hy is dikwels vir sy werk vereer, onder meer 
met die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap en die Generaal J.B.M. Hertzog-gedenkpenning vir diens aan Afrikaans oor dekades. 
Kernwoordeboek deur F.F. Odendal; sagteband, 768 bladsye; uitgegee deur Perskor Uitgewers en versprei deur Maskew Miller Longman (Edms) 
Bpk. Prys: R124.95 (BTW ingesluit). Vir besonderhede skakel Risdon Harding by (021) 531-7750 of faksnommer (021) 531-0716. E-pos: 
risdon@mml.co.za.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7322.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

